Saturday, July 20, 2013

Cirrus SR20, CDC Aviation (PTY) LTD, ZS-CAP, Accident occurred July 18, 2013 near Lanseria International Airport (FALA) - South Africa

The two people who died in a light aircraft crash near Lanseria International Airport outside Johannesburg were identified.   Beeld today named them as Odette Prinsloo (24), a flight instructor from Lanseria, and Jaun Claassen (19), a trainee.  The two were reportedly on a training flight when the plane crashed on Thursday.  According to Beeld, Claassen, from Hartbeespoort, was crazy about flying and worked part-time at a gym to finance his flight training.   Airport spokesperson Claudette Vianello said eyewitnesses stated the plane left the airport and appeared to be trying to return when it crashed on open land outside the airport.  Officials were trying to determine the cause of the crash.  Source:    http://www.citypress.co.za

 






 


 


Twee sterf toe tuig val: Ongeluk is ’n raaisel, sê pa van instrukteur 

‘Sy was ’n perfeksionis en die heel beste vlieënier wat ek ken.”

So het Chantelle Prinsloo (21) gister gesê langs die vliegtuigwrak waarin haar ouer suster verongeluk het.

Odette Prinsloo (24), ’n vlieginstrukteur van Lanseria, en ’n student het gister omstreeks 10:00 by die Lanseria-lughawe opgestyg vir ’n opleidingsvlug.

Oomblikke nadat die Cirrus SR22 die grond verlaat het, het die ligte vliegtuig gedraai en langs die Jukskeirivier neergestort.

Die ligte vliegtuig het sowat 3 km noord van die Lanseria-lughawe neus eerste die grond getref en in stukke gebreek.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê Prinsloo en die student, wie se naam teen druktyd nie bekend was nie, was dood teen die tyd dat nooddienspersoneel kort ná die ongeluk by die toneel opgedaag het.

Claudette Vianello, lughawe-woordvoerder, het gesê volgens operateurs in die beheertoring het dit gelyk of die vliegtuig probeer omdraai voordat dit neergestort het.

Odette se pa en stiefma, Marius en Marinda Prinsloo, asook Chantelle, het hulle van Hoopstad in die Vrystaat na Lanseria gehaas toe hulle die nuus hoor.

Marius, ’n wildboer wat self al 35 jaar lank vlieg, het langer as ’n halfuur om die wrak geloop, met ondersoekbeamptes gepraat en met sy hande beduie, maar kon nie sin maak van wat gebeur het nie.

“Hierdie is vir my ’n raaisel,” het hy gesê.

“ ’n Vliegtuig val mos nie sommer net so neus eerste in die grond nie. Nee, nee.

“Dalk onder slegte weersomstandighede in die berge, maar nie hiér nie.”

Marius het sy dogter op 18 leer vlieg. Odette het in 2006 aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gematrikuleer.

“Sy was klaar met matriek, maar was nie seker wat sy ná skool wou doen nie. Ek het vir haar gesê: ‘Hoekom vlieg jy nie solank nie?’ En toe byt die gogga haar.

“Ek was ’n kwaai vlieginstrukteur. Sy het so goed presteer en ek was trots op haar. Ek kan nie verstaan wat gebeur het nie.”

Twee ontplooide noodvalskerms het langs die wrakstukke gelê.

Odette het Chantelle, wat ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria (UP) studeer, in haar vrye tyd opgelei as vlieënier.

“Sy was streng wanneer sy my geleer het. Sy sou my sommer knyp as ek ’n fout maak. Sy was ’n perfeksionis en ’n fantastiese vlieënier.”

Die lyke moes met lewenskake uit die vliegtuigwrak gehaal word.

Die vliegtuig se neus was verpletter en sy wiele in die lug.

Die polisie en die Burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek die saak.